
MY DOGTER WORD 13 MORE !

Geluk my pragtige dogter. Mag God jou Ryklik Seen op die Dag. Jou Dag ! Die jaar is jou jaar my kind. Al jou drome, wense en behoeftes is bekend aan Hom.
Ek weet die jare was nie van die beste en jy was nooit gewoond aan net die beste. Maar ek Glo met my hele hart jy sal Beloon word vir alles wat jy al moes verloor en op offer my kind.
Deur alles het jy die mees wonderlikste kind geword wat enige mamma voor kan vra. Jy is nie net sag en liefdevol nie. Maar 'n opregte mensie met soveel om te offer ! Ek is SO TROTS op jou. Baie dankie dat jy my kind is. Baie dankie dat jy my lewe so VOL maak met al jou liefde. Sonder jou sou my lewe so leeg gewees het. Verruil jou vir niks !
Met al my Liefde net vir jou my Pragtige Dogter ;-)
MAMMA

1 comment:
Baie geluk Elsie met die verjaarsdag van jou pragtige dogter. Ek wens haar n absolute wonderlike jaar toe! Sy is n dierbare meisie met al haar ma se beste eienskappe. Jy kan werklik trots wees op haar en jouself ;-)
Post a Comment