Wednesday, 30 January 2008

SY WORD 13 !









MY DOGTER WORD 13 MORE !


















Geluk my pragtige dogter. Mag God jou Ryklik Seen op die Dag. Jou Dag ! Die jaar is jou jaar my kind. Al jou drome, wense en behoeftes is bekend aan Hom.


Ek weet die jare was nie van die beste en jy was nooit gewoond aan net die beste. Maar ek Glo met my hele hart jy sal Beloon word vir alles wat jy al moes verloor en op offer my kind.


Deur alles het jy die mees wonderlikste kind geword wat enige mamma voor kan vra. Jy is nie net sag en liefdevol nie. Maar 'n opregte mensie met soveel om te offer ! Ek is SO TROTS op jou. Baie dankie dat jy my kind is. Baie dankie dat jy my lewe so VOL maak met al jou liefde. Sonder jou sou my lewe so leeg gewees het. Verruil jou vir niks !


Met al my Liefde net vir jou my Pragtige Dogter ;-)

MAMMA



Monday, 21 January 2008

Lief vir sy Oom en Tannie Natasja

Met Baie Liefde Oom en Tannie Natasja !

Jip, Saterdag is dit weer swem tyd gewees. Cyla het so bietjie geswem en toe onder die sambreel aan die slaap geraak. Maar Duncan het geswem met die sterk wind wat die sambreel weg gewaai het en al.

Hier stuur hy al sy Liefde vir sy Oom Johan en Tannie Natasja !

Friday, 18 January 2008

SPUR

ONS WAS SPUR TOE !


Dankie Johan en Natasja !
Hel, maar dit
was lekker :-)
Kyk, as dit kom by bederf.....weet die twee pragtige mense net hoe. Hulle het ons SO bederf Desember met die persente en raai wat ! ?
Nog Vouchers om te gaan eet by Spur ook. WOW!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!















































BOY'S WILL BE BOY'S :-)

Eerste dag in Graad 1


MY EERSTE DAG VAN SKOOL !
Ja kyk, wat 'n ma se hart nie alles moet deur maak nie !
Almal wou hom letterlik op vreet ! Vandag is my seun in Graad 1.
Hy het nie eens gehuil nie. Het in gestap en 'n maatjie het geroep "hallo Duncan" toe
los my seun my net so en gaan sit langs sy maaitjie. Ai, ma moes maar loop want die
trane was vlak !
Die volgende dag het hul begin met Atletiek. Klaar eerste gekom. Let wel, hy is 6 en die
res is 7 jaar. Cyla het gehardloop dat haar maatjies lyk of hul stil staan ! Dis mos ma se
tjinners daai !

Lekker by Santo's !

Thursday, 17 January 2008

Surf lessons R3000-00 per hour


SWEM TYD !!!!!!!!!!!!!!!






Kyk, as daar nou een ding is, dan is dit dat my kinders visse moes wees ! Ek is nie een vir water nie. Maar my kinders ! Hulle sal swem tot die see op droog. Ek het af gevat van die 21 Des tot die 2 Jan 08. Om tyd te spandeer met my pragtige 2 vissies. Mense, het hulle dit geniet.





Hier is 'n paar foto's van die geswemery. Indien jul wonder...... hul vinne verdwyn as hul droog word :-)












































Dis nou Rene, Yvette, ek en Duncan. Ons het geboogie tot ons moeg was !























"FUN IN THE SUN" beskryf nie eers die dag
nie. Dis was absoluut die mees wonderlikste
dag by die see !










Dankie Wettie dat jy my geleer "Boogie Board"
het. Sonder jou sou ek die dag nie so geniet het
nie !























Friday, 4 January 2008

MY TANNIE HET KOM KUIER !!!!!!!!!!! Wat 'n Verrassing ! My ma se suster het vir ons kom kuier. Hul het eers hier gewoon in Hartenbos. Januarie 07 het hul terug getrek Gauteng toe. Sy is die mees Wonderlikste mens en moeder wat enige mens in hul lewe kan he. Ek en my suster Yvette het so lekker gekuier, om 'n jaar se praat op te vang is nie maklik nie hoor :-)






Yvette, Rene en Ryno

Dis nou my suster Yvette se gesin.
Ryno is Rene se 3 jarige seun. Ryno verjaar
die 26 Desember ! Hy is te pragtig en so lief
vir Yvette. Ryno se mamma is 'n paar dae na sy
geboorte oorlede. Yvette maak 'n groot verskil
in hulle lewe. Die twee het die 07/07/07
7 uur die oggend verloof geraak.

Saam probeer hul nou planne beraam om ekstra
geld te maak om te kan spaar vir hul troue.
Sienend sy nog nooit getroud was en die haar eerste keer sal wees, guns mens haar die mooiste dag ooit ! Sy verdien dit werklik om soos 'n Prinses te voel en lyk op haar spesiale dag.


PARTY !!!!!!!!!!!!!!!!!!!Maak nie saak hoe jy daarna kyk nie, te veel van 'n goeie ding is nie goed nie ?! :-)




SKULPIES !!!!!!!!!



Een ding van my...........ek is mal oor skulpies. Hier is ek op die Punt in Mosselbaai op my gelukkigste. Elke skulp het 'n naam en ek weet presies wat ek soek. Selfs my kinders is al

"pro's" as dit by skulpies kom. Dis my ontspan tyd. Hier is ek, ek .........................






Die Punt (Mosselbaai)
Dis die mooiste plek om te wees ! Hier tussen die rotse is waar mens weer begin lewe. Jy ontdek soveel see lewe. Dit maak mens weer soos 'n kind voel.

Thursday, 3 January 2008

Kersfees 07

Kom tog Kersfees


















Dis hoe ons hier by die C wag vir "Christmas"






Dis waarvoor ons wag !











Nou is dit tyd om te LAG !!!!!!!!!!!!







Jackie was net so opgewonde oor haar geskenkie :-)


















Die Begin !

Hallo julle,

Sjoe, omtrent tyd dat ons saam blog !

Dis nou ons 3. Nie die beste foto nie, word beter soos ons vakansie langer geword het.
Die was nou Kersdag. My eerste Kersfees alleen, so ek voel soos ek lyk. Nie lekker alleen
nie, toe vind ek later uit hoe lekker is dit alleen :-)

Cyla is amper 13 jaar en Duncan het sopas die 21 Desember 07 6 geword.
Hier is ons in Delfino's (Mosselbaai). Dis nou die plek om te wees. Ons sit binne maar net
by die glasdeur uit, is die see. Hier drink ons koffie dat jy nie kan slaap nie.
Maar die kuier wat saam met die koffie gaan is onbeskryflik lekker. Veral as
jy op die dek sit en die golwe breek op die branders ! Wow, 'n belewenis.

Die mense, is die begin van ons blog en kuier tyd saam met julle. Hoop jul geniet dit saam met ons !

Hier is 'n beter foto van Delfino's.
21 Desember 07


Vandag het ek my kamara gekry van die 2 BESTE mense ooit ! Johan en Natasja van Londen :-)

Vir soveel jare droom ek van die dag wat ek my eie Digitale kamara sal besit.

Ek en die kinders het persente gekry al die pad van Londen. Vandag het Johan my laat weet ek mag myne oop maak. Kyk, dit was nou 'n "Codak moment" Eers moes ek vir Cyla die mail wys om te se ek mag myne oop maak. Mense was sy fies ! By die huis gekom en dadelik weg gespring.

My kamara ! Ek het gehuil en lag in een. Dit het so onwerklik gevoel. Julle twee kan bly wees jul was nie op daardie oomblik naby my nie. Ek sou julle letterlik op "gevreet" het ! Baie dankie Johan en Tasja ! Sal julle ooit regtig kan besef wat julle vir ons beteken. Vir al die seer en teleurstellings, was die dag die beste dag vir my van 2007. Dankie dat julle ons lewens so op helder met julle liefde.


Die is my pragtige twee kiddies !

Cyla is nou op die stadium waar seuns klere en "hip hop" die in-ding is . Wil graag in die oggende die motor aanskakel en seker maak die water en olie is genoeg en alles is reg. Is wel 'n titseltjie langer as ek, maar daar is altyd tyd vir haar mamma :-)


Duncan wil nou net fiets en skateboard ry. Soek net gewere en karre om hom mee besig te hou. Praat net van motorfietse en karre wat hy eendag wil besit. Nou op die regte seuntjie stadium. Maar daar is altyd 'n soen en drukkie vir mamma :-)

DUNCAN VERJAAR !!!!!!!!!!!!


Sy gunstelling, 'n Burger !

'n Beter bederf kan jy hom nie gee nie :-)

Vandag is hy 6 en baie trots daarop.
Na die ete is ons na die Straat Mark wat
in Mosselbaai. Kyk, die kinders het hul nou
geniet van etes tot 'n Mark en terug.


Dit was 'n dag om te onthou !


BETER DAN DIE GAAN JY NIE KRY NIE !









Yvette en Rene


Die is nou my Wonderlike Suster en haar Verloofde. Sy is ouer as ek (maar net-net) en het nog geen kinders en die is haar eerste Kerel. Voorbeeldig :-)
Ons verskil soos dag en nag. Maar ons liefde vir mekaar is dieselfde.
Sy help my nie deur die tye nie, sy sleep my sommer. 'n Pragtige mens om te leer ken. Iemand vir wie soveel so lief is . My kinders is absoluut versot op haar. Sy is nou die 2de moeder na die moeder. Haar wysheid en mense kennis verstom my. Haar bereidwilligheid in alles, sal die hardste hart sag maak. Wat 'n voorreg om so wonderlike mens as 'n suster te he.