Friday, 4 January 2008

MY TANNIE HET KOM KUIER !!!!!!!!!!! Wat 'n Verrassing ! My ma se suster het vir ons kom kuier. Hul het eers hier gewoon in Hartenbos. Januarie 07 het hul terug getrek Gauteng toe. Sy is die mees Wonderlikste mens en moeder wat enige mens in hul lewe kan he. Ek en my suster Yvette het so lekker gekuier, om 'n jaar se praat op te vang is nie maklik nie hoor :-)






Yvette, Rene en Ryno

Dis nou my suster Yvette se gesin.
Ryno is Rene se 3 jarige seun. Ryno verjaar
die 26 Desember ! Hy is te pragtig en so lief
vir Yvette. Ryno se mamma is 'n paar dae na sy
geboorte oorlede. Yvette maak 'n groot verskil
in hulle lewe. Die twee het die 07/07/07
7 uur die oggend verloof geraak.

Saam probeer hul nou planne beraam om ekstra
geld te maak om te kan spaar vir hul troue.
Sienend sy nog nooit getroud was en die haar eerste keer sal wees, guns mens haar die mooiste dag ooit ! Sy verdien dit werklik om soos 'n Prinses te voel en lyk op haar spesiale dag.

No comments: