Ja, so kom alles tot 'n einde.
Dis ons laaste paar daggies by die C.
Ons vertrek Maandag 28 April 08 Jhb toe.
Dit was 'n groot besluit. Veral omdat ek al die
verantwoordelikheid moet dra. Hetsy goed of
sleg. Op die ou end......... maak mens van elke
situasie of besluit net die beste.
Ek het vanoggend by die see gaan sit en luister......
Vir byna 7 jaar was die geluid van die see in my ore.
Nou gaan dit stil word.........
Ek los baie mense agter. Ek moes baie op offer toe ek
die besluit gemaak het. Tog, weet mens wanneer dit tyd
is. Wanneer 'n seisoen aan gebreek het, dan beweeg mens
aan.
Die my vriende is my en my kids se seisoen. Dis ons tyd om
'n ander wereld te betree. Om 'n beter toekoms te bou vir
eendag ......... wanneer ons weer terug kan wees by ons wereld
en lewe hier by C
Bid vir ons. Weet net maak nie saak waar ons trek, jul plek in
ons harte sal nooit leeg wees nie.
Tuesday, 22 April 2008
Subscribe to:
Posts (Atom)
