Wednesday, 12 March 2008

Jacky het Baba's gekry !

Ons het gereken sy sou seker so 3 dalk 4 Woefies he. My "goodness" toe klim daar 6 uit ! Met geboorte lyk hul nie so goed nie. Maar toe hul eers skoon is kon ons nie ophou kyk nie. Hulle lyk so "adorable".








Bo is hul 'n daggie oud. Onder is hul 2 weke oud. Die swart en wit een is Moo. Sy het 3 bruin en wit boebies en 2 bruin en een Moo (swart en wit). Maar het ewe veel in ons harte geklim. Ek het eergister vir die eerste keer vir hul Pronutro gegee. Mense het hul dit geniet. Nou is dit elke aand se ding. Nee magtig, daar is al amper niks van my Jacky oor soos hul haar opsuig ;-)

Lekker Kuier



Dis nou ek en Pieter. Die einste man het voor my groot geword. Kan jy dit oor vertel ! Dit was 15 jaar terug. Toe ek vir Pieter nou weer sien het ek byna op my rug geval ;-) Kan nie glo tyd gaan so gou verby en die mense word so gou groot nie.
Dit was nou kuier op sy beste. Ek is vreeslik trots op Pieter.
Nie net het hy so pragtig uit gedraai nie maar sy hart is so opreg.
Pieter bly in Mpumalanga en ons gaan hom vreeslik mis !
Bly altyd so 'n wonderlike mens en moet nooit vergeet waar vandaan jy kom nie !

Friday, 7 March 2008

Kamp !

Hallo julle !

Ja, ons het 'n lang tyd nie gesels nie.
Ek het 'n nuwe "Filing System" begin en
dit neem so baie van my tyd.

Ek wil jul gou vertel van ons kamp wat ek en die
kids beplan.

Ek het rond gebel en paar plekke op die net gesien.
Toe kry ek sommer 'n plekkie hier reg by ons !
Wow !!!!
Web: www.riverside-resort.co.za
Gaan kyk gerus.
Wat net te lekker is, is die feit dat dit soveel dinge het
waarmee ons kan besig bly. Nie net kamp en swem nie.
Maar in die aande kan ons lekker pool speel en al die balletjie
goed wat ek my naam so toffie mee maak ;-)

Mense is ons exited ! Ek vertel die kids van ons kamp en
als wat ons gaan doen. Dit maak hul nog meer exited.
So by so vertel ek vir Duncan hoe ons gaan kanoo ry en
wys hom deur voor my te sit en ons roei !
Die volgende dag gaan haal ek hul by die skool en ons gesels
weer te lekker. Duncan bly so rukkie stil en vra :" Mamma is
die kanoo's dan mak ?" Kyk, ek kan jul nie vertel hoe lekker ons
gelag het nie. My kind dink ons roei 'n Kangaroo ! he he he

Daar gaan baie foto's wees glo my ! Hope !
So hou die spasie dop mense.............. April se
lang naweek is om die draaiiiiiiiiiiii