Hallo julle !
Ja, ons het 'n lang tyd nie gesels nie.
Ek het 'n nuwe "Filing System" begin en
dit neem so baie van my tyd.
Ek wil jul gou vertel van ons kamp wat ek en die
kids beplan.
Ek het rond gebel en paar plekke op die net gesien.
Toe kry ek sommer 'n plekkie hier reg by ons !
Wow !!!!
Web: www.riverside-resort.co.za
Gaan kyk gerus.
Wat net te lekker is, is die feit dat dit soveel dinge het
waarmee ons kan besig bly. Nie net kamp en swem nie.
Maar in die aande kan ons lekker pool speel en al die balletjie
goed wat ek my naam so toffie mee maak ;-)
Mense is ons exited ! Ek vertel die kids van ons kamp en
als wat ons gaan doen. Dit maak hul nog meer exited.
So by so vertel ek vir Duncan hoe ons gaan kanoo ry en
wys hom deur voor my te sit en ons roei !
Die volgende dag gaan haal ek hul by die skool en ons gesels
weer te lekker. Duncan bly so rukkie stil en vra :" Mamma is
die kanoo's dan mak ?" Kyk, ek kan jul nie vertel hoe lekker ons
gelag het nie. My kind dink ons roei 'n Kangaroo ! he he he
Daar gaan baie foto's wees glo my ! Hope !
So hou die spasie dop mense.............. April se
lang naweek is om die draaiiiiiiiiiiii
Friday, 7 March 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

1 comment:
Sjoe man dit klink so lekker Elsie, julle moet dit geniet! Ons kan nie WAG vir al die fotos nie! Veral van die kangaroo ;-)
Post a Comment