Friday, 15 February 2008

Die mooiste Mooi !

Ja mense, dis my wereld wat ek in lewe. Dit wat jul hier sien is my tuiste. Mosselbaai ! Daar is niks so mooi soos die branders wat oor die sand spoel en die son wat onder gaan na 'n lang dag.

Dit hier, is waar ek my sielerus kry. God het die natuur so Wonderlik geskep. Ek kan net in Bewondering staan ek kyk hoe perfek Sy prentjie geskape is !





















Wednesday, 6 February 2008

Eina ! 'n Naeltjie Ring !

Mense, julle verstaan nie. Sy was letterlik poep bang ! :-(

Sy wou bittergraag 'n Naeltjie Ring in he. Wel, ek het probeer om haar uit die storie te praat. Niks het haar laat van gedagte verander. Tot sy die stoel sien Saterdag die 2 Feb 08. Dit was vir haar een te veel. Net daar en dan besluit sy ons sal dit skuif na Dinsdag. Wil eers met die maatjies gesels wat wel al een het. Wou net encourage word, dis al :-) Sy kan dan nie eens sit by die Tandarts nie ! Wat nog 'n Naeltjie Ring !

Dinsdag 5 Feb 08 was dit sulke tyd. Haar gevat en sy het besluit sy wil alleen ingaan. Ek moes maar buite wag tot dit klaar was.........amper 'n uur lank gewag voor dit klaar was ! He He He Mos gese dit gaan seer wees. Teminste is dit nou verby en sy is BAIE in haar noppies !

Tuesday, 5 February 2008

Die Happy Birthday Song















Daar was 'n paar liedjies vir haar gesing. Ek moes vra vir die gewone Happy Birthday Song :-)




Kyk, ons het die koek geeet en toe besluit dis sulke tyd. Net daar en dan het ons die party verlaat om die op die strand voor te sit. Ja, ons het gaan swem ! Laat ek jul eers vertel hoe ons daar gekom het. Dit was ek en Duncan my ma en Cyla en haar 5 maatjies en 1 Golf ! Ja mense, ek het al die kinders in my kar geprop en rustig gery af see toe. Gelukkig vir my is dit die bult af. Anders moes hul maar uit klim en stoot. Die see is loop afstand van my plekkie so ons was sommer vinnig daar. Dit het nie lank gevat vir almal om binne die see te spring nie. Daar het ons baljaar tot 4 uur. Van die ouers het hul kinders sommer daar kom kry. So, bult op was toe nie so erg nie. :-)


Na die het ons rustig verkeer ! Ek was poot-uit. Ek moet se, ek het die Party net so veel geniet soos die Kids. Lekker om weer te kan onthou hoe dit gevoel het om 13 te wees.

PIZZA TYD !

Ons het 3 Large Pizza's bestel en laat aflewer !

Kyk, dit was beslis 'n dag om te onhou. Ek het die kinders bederf en seker gemaak dat die dag altyd hul sal by bly. Dit maak 'n ma se hart so bly om haar krosie so gelukkig te sien. Dit was die lekkerste dag in my lewe om rustig te sit en DVD te kyk met die wete..........NOU KAN ONS LEWE !















PARTY !!!!






Jip dit was sulke tyd.
Ons wou 'n Tuin Tee vir die Dames en Here hou. Maar op die ou end was dit net 'n Lekker Party wat 4 ure aan gehou het. ! En ja, ek was genootsaak om iets so bietjie sterker as tee te neem na die tyd ;-)








Cyla se een vriendin het by ons oor geslaap vir die party. Die volgende oggend moes sy huistoe. Sy het 'n klein opperasie op haar voet gehad die vorige dag en was in baie pyn. Die ander een se mamma het laat weet pappa het besluit om te gaan vis vang. So, ons was 2 kort. No problem ! Jacky Russel (woef) en Duncan (boetie) was al te bly om in te staan vir die geleentheid !




















Almal was SO bly om daar te wees ! :-)








Die wind het so sterk gewaai dat ons binne moes gaan vir Cyla om haar kersies dood te blaas. Ja dis een van my kits gebakte koeke ;-)
Black Forrest ! Kyk, dis nou die lekkerste koek ooit. En glo my, die kids het geeet en gedrink. Plekkie vir 'n stukkie Black Forest koek, die was daar !

Monday, 4 February 2008

MY CD'S !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Kyk, ek weet nie wat was die grootste!
Haar oe of haar "exitement"Oom Johan en Tannie Natasja het dit weer gedoen. Hulle het my kind die "Coolste" kind op die blok gemaak. Sy het High School Musical No 1 en 2 se CD's !




I LOVE YOU OOM EN TANNIE !!!!!!!!!!!!


Die naweek moes 'n vriend van ons sy hele PC oor bring na my huis. Ja, Cyla wou musiek luister en daar was geen genade vir ons nie ! Ons moes op die ou end die DVD High School Musical No.1 gaan kry het.
Baie dankie julle 2 "Cool" mense dat julle vir my kind so goed laat voel het op haar Verjaarsdag. Sy het soos die mees "SPECIALSTE"
13 jarige dametjie gevoel ! Ons waardeer julle so opreg !