Daar was 'n paar liedjies vir haar gesing. Ek moes vra vir die gewone Happy Birthday Song :-)
Kyk, ons het die koek geeet en toe besluit dis sulke tyd. Net daar en dan het ons die party verlaat om die op die strand voor te sit. Ja, ons het gaan swem ! Laat ek jul eers vertel hoe ons daar gekom het. Dit was ek en Duncan my ma en Cyla en haar 5 maatjies en 1 Golf ! Ja mense, ek het al die kinders in my kar geprop en rustig gery af see toe. Gelukkig vir my is dit die bult af. Anders moes hul maar uit klim en stoot. Die see is loop afstand van my plekkie so ons was sommer vinnig daar. Dit het nie lank gevat vir almal om binne die see te spring nie. Daar het ons baljaar tot 4 uur. Van die ouers het hul kinders sommer daar kom kry. So, bult op was toe nie so erg nie. :-)
Na die het ons rustig verkeer ! Ek was poot-uit. Ek moet se, ek het die Party net so veel geniet soos die Kids. Lekker om weer te kan
onthou hoe dit gevoel het om 13 te wees.
PIZZA TYD !
Ons het 3 Large Pizza's bestel en laat aflewer !
Kyk, dit was beslis 'n dag om te onhou. Ek het die kinders bederf en seker gemaak dat die dag altyd hul sal by bly. Dit maak 'n ma se hart so bly om haar krosie so gelukkig te sien. Dit was die lekkerste dag in my lewe om rustig te sit en DVD te kyk met die wete..........NOU KAN ONS LEWE !



No comments:
Post a Comment