
Jip dit was sulke tyd.
Ons wou 'n Tuin Tee vir die Dames en Here hou. Maar op die ou end was dit net 'n Lekker Party wat 4 ure aan gehou het. ! En ja, ek was genootsaak om iets so bietjie sterker as tee te neem na die tyd ;-)
Cyla se een vriendin het by ons oor geslaap vir die party. Die volgende oggend moes sy huistoe. Sy het 'n klein opperasie op haar voet gehad die vorige dag en was in baie pyn. Die ander een se mamma het laat weet pappa het besluit om te gaan vis vang. So, ons was 2 kort. No problem ! Jacky Russel (woef) en Duncan (boetie) was al te bly om in te staan vir die geleentheid !
Almal was SO bly om daar te wees ! :-)
Die wind het so sterk gewaai dat ons binne moes gaan vir Cyla om haar kersies dood te blaas. Ja dis een van my kits gebakte koeke ;-)
Black Forrest ! Kyk, dis nou die lekkerste koek ooit. En glo my, die kids het geeet en gedrink. Plekkie vir 'n stukkie Black Forest koek, die was daar !






No comments:
Post a Comment