
MY EERSTE DAG VAN SKOOL !
Ja kyk, wat 'n ma se hart nie alles moet deur maak nie !
Almal wou hom letterlik op vreet ! Vandag is my seun in Graad 1.
Hy het nie eens gehuil nie. Het in gestap en 'n maatjie het geroep "hallo Duncan" toe
los my seun my net so en gaan sit langs sy maaitjie. Ai, ma moes maar loop want die
trane was vlak !
Die volgende dag het hul begin met Atletiek. Klaar eerste gekom. Let wel, hy is 6 en die
res is 7 jaar. Cyla het gehardloop dat haar maatjies lyk of hul stil staan ! Dis mos ma se
tjinners daai !

1 comment:
Oooh, Duncan maar jy lyk spoggerig! Jy gaan die meisies se harte links en regs breek!
Post a Comment